Brochure 1 Afrikaans |
Fisiese simptome en tekens in kinders waar seksuele misbruik plaasgevind het. Daar is baie moontlike fisiese en gedrags aanduidings van seksuele misbruik. Die tekens van enige trauma word opgedeel in verskillende kategoriee.
Algemene Post-traumatiese stress simptome – nie noodwending in die geval van seksuele misbruik nie: * ‘n Radikale verandering van voorkoms * Om ongewone vrees te toon vir ‘n sekere plek of lokasie * Onttrekking van aktiwiteite wat voorheen genotvol was. * Tekens van uitputting, of om te min te slaap. * Gedurig laat kom vir skool of afwesigheid van skool. * Verandering in buie * Selfverminking of self-skaad * Onvermoe om te konsentreer * Deure te slaan * Baie ywerig of oorkompensasie om ander persone gelukkig te hou. * Verandering in apteit * Weghardloop van die huis * Om nie vriende huis toe te laat kom nie * Om nie huis toe te will gaan nie, of om te vroeg huis toe te wil gaan * Om gedurende die nag wakker te word deur te skreeu, baie te sweet of om te bewe as gevolg van nagmerries * Om ongewone aggresiewe gedrag te toon teenoor familie lede, vriende, speelgoed, troeteldiere, ensovoorts.
Tekens gebonde aan moontlike seksuele misbruik by kinders: * Enige besering, seerheid, rooiheid, swelling of gejeuk rondom die genitale [geslagsdele] of anale areas. * Bloeding vanuit die genitale of anale area * Tekens van terugkerende/regressiewe bed natmaak of fekale inkontinensie/ontlasting/swak blaas. * Herhalende urienekanaal infeksies * Slegte reuke vanaf die genitale area * Afskeidings vanaf geslagsdele * Bewys van lubrikasie material wat agterbly * Veneriese of geslagssiektes * Swangerskap * Kla van pyn gedurende urienasie of wanneer ontlasting plaasvind.
Gedragsaanduidings: * Ontoegepaste seksuele speel met self of andere * Ontoegepaste tekeninge van ‘n seksuele natuur * Kennis van seksuele aktiwiteite wat ongepas is vir die ouderdom van die kind. * Verleidelike gedrag * Oordadige en ontoegepaste mastrubasie * Losbandigheid
** Baie selde is net een van hierdie tekens oortuigende bewys dat die kind seksueel aangerand of misbruik is. In die meeste gevalle sal die kind met ‘n groep of albei groepe, gedrags en fisiese tekens aantoon.
Wat om te doen as jy weet of vermoed dat jou kind gemollesteer of seksueel misbruik is. 1. Moet nie die kind bad of was nie. 2. Jy moet so gou as moontlik by die naaste polisie stasie en wetgewende liggaam [CAFDA, Kinder welsyn of Sosiale Ontwikkeling] aanmeld. Die wet vereis dit. 3. Die polisie moet ‘n GKS beampte [Gesins en Kinderbeskermings en Seksuele Misdrywe Eenheid] uit roep om met jou en die kind te praat. Jy kan vra dat ‘n vroue beampte uit geroep word. 4. Die GKS beampte kan ook deur die polisie gevra word om na jou huis te kom. 5. Indien jy besluit om by die polisie stasie te bly vir die GKS ontmoetting, kan jy vra dat hulle jou en die kind na ‘n kinder-vriendelike kamer of trauma kamer neem. 6. Die GKS beampte sal ‘n beedigde verklaring van jou neem. 7. Nadat die verklaring geneem is, moet die kind deur die distriksgeneesheer ondersoek word. 8. Die distriksgeneesheer sal ‘n vorm uitvul wat deur die wet vereis word. Die vorm word die J88 vorm genoem. Sonder die dokument kan die skuldige persoon nie gevonnis word nie. 9. Jy kan vra dat die kind onder verdoving ondersoek word. Dit verminder verdure trauma. 10. Die polisie sal ‘n saak oopmaak en vir jou ‘n saak nommer gee. Dit word die CAS nommer genoem. 11. Dit is belangrik om te verseker dat die kind veilig is. 12. ‘n Wetgewende Maatskaplike werker sal aangestel word om die kind en die familie te help. 13. Indien die skuldige persoon ‘n familie lid is, sal die maatskaplike werker saam met die familie besluit wat die beste metode is om die kind veilig te hou. Gewoonlik word die skuldige persoon van die huishouding verweider. 14. ‘n Dokument genaamd “the Victims’ Service Charter’ verduidelik wat jou regte is indien jy of familie lid ‘n slagoffer is; en wat om te verwag van die mense wat jou moet help [polisie beamptes, GKS beamptes, hospitaal personeel, ensovoorts]. 15. Eis jou regte.
© Norah Papanicolaou |